JFolder: :files: Path is not a folder. Path: /usr/www/users/aliwajrdpy/images/gallery/Landsdiens
There was a problem rendering your image gallery. Please make sure that the folder you are using in the Simple Image Gallery Pro plugin tags exists and contains valid image files. The plugin could not locate the folder: images/gallery/Landsdiens

Alie Presteer by Vrystaatse Kunswedstryd

Christiaan SchlebuschChristiaan Schlebusch het op die 11de Mei in Bloemfontein deelgeneem aan die Vrystaatse Kunswedstrydverening se Eistedfodd. Hy presteer baie goed in die Sangsolo afdeling. Hy neem aan twee items deel. Vir Ligte Musiek, Sangsolo verdien hy ‘n goue A++ Sertifikaat en vir die kategorie, Ligte Musiek Sangsolo: Musiekprogram verdien hy ook ‘n Goue A++. Die laasgenoemde kategorie bestaan uit 2 of meer items wat as ‘n eenheid aangebied word. Christiaan word deur Mev. M. Pitout afgerig. Baie geluk met die pragtige prestasie!

Jeugleiersberaad

Vier landsdieners, 2 senior en 2 juniors het die klub gaan verteenwoordig by die Jeugleiersberaad in Uitenhage vanaf 30 April tot 3 Mei. Hierdie is ‘n Nasionale Landsiensprojek en lede van regoor die land is verkies om die beraad by te woon. LAndsienssake en toekomsbeplanning is gedoen met insette en hulp van die jeugleiers. Die lede is ook ontwikkel as toekomstige leiers nie net vir landsdiens nie maar ook vir die land. Tussen al die leer is daar ook lekker gekamp en gekuier soos net Landsdieners kan! Die vier lede is. Joane Odendaal, JC Schoeman, Johan Jacobs en Dominique Terblanche

Landsdiens Leer Lewensvaardighede

Praktiese Handwerk! Dit was die versoek van die komitee vir die afgelope week se Landsdiensbyeenkoms. Dit het behels dat die meisies leer om ‘n wiel om te ruil, onder leiding van Juffrou Chantel en Vernon Breedt het elke senior die geleentheid gekry om ‘n wiel om te ruil. ‘n Baie leersame oefening.

Die senior seuns moes hul ding doen met naald en garing. Hulle is gewys hoe om ‘n knop aan te werk, waarna elke seun 2 knope moes vaswerk. Selfs die begin, nl. ‘n dubbele draad met ‘n knop op die einde was ‘n probleem. Na vele probeerslae het die knope gesit en kon hul ‘n stukkie soom insit. Die senior seuns is eersdaags uit die huis en die twee basiese vaardighede sal hul beslis handig te pas kom.

{gallery}gallery/Landsdiens{/gallery}