Nuwe Personeel

ANHS het twee nuwe onderwysers aangestel Me Ané Van Rooyen en Mnr Etienne von Gericke.

Ane Van RooyenJuffrou Ané het haar skoolloopbaan voltooi te Welkom Gimnasium. Sy sê sy is lief vir die onderwys omdat dit haar die geleentheid gee om haar liefde vir kinders uit te leef en sodoende ook ‘n verskil in hul lewens te kan maak. Haar stokperdjies is om doenig te wees met “Arts and Crafts” en sy geniet dit ook om te oefen. Haar lewensfilosofie is, “Hou jou oë op die sterre maar hou jou voete op die grond.” Toe sy gevra is om haarself in drie woorde te beskryf toe antwoord sy: “Anders as almal.”

Dit is presies hoe mens haar kan opsom. Met haar entoesiasme en liefdevolle natuur gaan sy nog diep spore trap in Alie-land. Baie welkom by die span Juffrou Van Rooyen.

 

 EtienneRugby liefhebbers sal opgewonde wees om te hoor dat Etienne von Gericke se hart Rugby klop! Hy is ‘n oud leerling van Hoërskool Goudveld in Welkom waar sy liefde vir Rugby begin het. Sy gunsteling vak op skool was Ingeneursgrafika en hy sê as hy enige vak kon aanbied sou dit Besigheidstudies wees. Sy lewensfilosofie is maak nie saak wat die lewe mag bring nie, ‘n mens moet opstaan en opdaag daarvoor en nooit gaan lê nie. Meneer von Gericke se vriendeike geaardheid en liefdevolle natuur laat ‘n mens sommer vinnig op jou gemak voel.

Alhoewel hy ‘n groot Bloubul ondersteuner is, is ons nie te min baie opgewonde om hom te verwelkom by ANHS.

 

Ons hoop dat ons nuwe onnies baie gelukkig sal wees by ANHS.

ANHS Travels to Matatiele to take on King Edward High School

On Friday the 13th of March a stampede of Buffels rushed around the school's corridors carrying pillows, sleeping bags and snacks ready to embark on the journey to Matatiele! ANHS' sport teams took to the busses and drove along the foothills of the western Drakensberg to play against King Edward High school in Matatiele. Our teams out did themselves! Here are the results of the weekend:

Netball team

Netball: The U/16 girls won 15-8. Our first team had the game of their lives and came out victorious with a marvelous score of 30-12. Well done girls!

Hokkiespan

Hockey: Our second team played their first game of the season and it ended in a draw 0-0. The first team played a tough match and managed to beat them 2-1.

Buffels

Rugby: The U/14 boys put up a cricket score of 68-5! Well done! The U/16 team also made us proud when they beat the King Edward side 28 -5. The Buffel match, like always, was the highlight of the trip and they played beautiful rugby. They beat King Edward's first team 14-5!

 

Well done Alies!

Vrystaat Prysskiet op eie bodem

014 skuts

Tydens die naweek van 13 en 14 Maart 2020 was Hoërskool Aliwal-Noord die gasheer vir die Vrystaat Prysskiet 2 kampioenskappe.

Hoërskool Sentraal, Hoërskool Fichardtpark, Grey College, Hoërskool Zastron en Hoërskool Aliwal-Noord was die skole wat deelgeneem het. In totaal was daar 92 skuts wat deelgeneem het.

Vrydag 13 Maart het die kompetisie om 14:30 begin. Na afloop van die dag het almal gesellig saam gekuier tydens ‘n steakete by die Hoërskool. Nie eens die reën kon die atmosfeer demp nie. Saterdagoggend vroeg het die kompetisie klaargemaak waarna almal terug vertrek het na hul bestemmings.

Baie geluk aan elke Alie wat baie goed gevaar het. Hoërskool ALiwal-Noord se 0/14 span behaal ‘n 5de plek met ‘n gemiddeld van 482,75 punte.

Individuele uitslae was as volg:

In die 0/16 afdeling was daar 48 skuts. Rudolph Coertze behaal ‘n 20ste plek met 756 punte en Bruce Malherbe behaal ‘n 26ste plek met 721 punte.

In die 0/14 afdeling was daar 46 skuts. Harm Marx behaal ‘n 16de plek met 681 punte,  Izelle van Vuuren 19de met 659 punte, Johane Malan 21ste met 626 punte en Mandie Wiese 23ste met 624 punte.

Baie geluk aan ons skuts.

Baie dankie ook aan elke ouer wat sy naweek opgeoffer het om hand by te sit om van hierdie geleentheid ‘n reuse sukses te maak. Sonder die ouers se hulp sou dit nie moontlik gewees het. Alie Skiet het verseker yster ouers. Welgedaan julle.