ANHS Tennis

Eerste Tennisspan

Woensdag, 5 Februarie, is die onder 14 se Country Districts tennisproewe gehou.  Twee van ons seuns word gekies vir hierdie span nl. Divan Vorster en Bjorn Stephenson. Baie geluk, manne.

Maandag, 10 Februarie, het Alies se eerste tennisspan die Blikkies aangedurf.  Die seuns het van die begin af gewys dat hulle defnitief nie gaan toelaat dat die Blikkies oor hulle loop nie.  

Alies seuns tennisspelers staan slegs 1 wedstryd af.  Alhoewel die meisies gesukkel het in hulle enkels en dubbels het hulle, hulle staal gewys in die gemengde dubbels en ons wen 3 van die 4 wedstryde.

Alies wen hierdie wedstryd 11-8.  Baie geluk Aliesspan. 1 Interskole beker is al klaar waar hy hoort. In Alieland.

ANHS teen Queens 2de span

Nico small

Op Maandag 27 Januarie het Aliwal se 1ste Krieketspan teen Queens se tweede span ‘n 20/20 wedstryd gespeel op ons velde.

Ons kolf eerste en bereik ‘n totaal van 105 vir die verlies van 4 paaltjies. Ons beste kolwers op die dag was Wium Smit wat 43 lopies aangeteken het. Hy is goed ondersteun deur Hencu Vorster en Harm Marx.

Dit was Queens se beurt om te kolf en hul behaal die wen lopies vir die verlies van 5 paaltjies in 18.3 beurte. Alhoewel ons nie die wedstryd gewen het nie het ons seuns baie geleer en hard baklei tot die einde toe.

Ons beste boulers op die dag was Logan Geldenhuys wat 2 paaltjies plat getrek het. Ons verloor ongelukkig met 5 paaltjies. Baie geluk aan die Queens manne met die oorwinning. Ons sien julle weer die 18de Februarie in Queens.

ANHS teen Burgersdorp

Ons het Dinsdag die 28ste Januarie teen Burgersdorp gaan krieket speel en ons manne het baie goed gekolf.

Ons wen die loot en kolf 1ste en behaal 215 lopies vir 4 paaltjies in ons 25 beurte. Ons kaptein en aanvangskolwer, Nico Coertze, bereik sy 1ste 100 tal en  Tsepiso Labane mis net -net sy 50 tal met ‘n beurt van 45 lopies. Harm Marx het hom ook goed van sy taak gekwyt met 13 lopies nie uit nie.

Burgersdorp kolf 2de en kry 162 vir die verlies van 4 paaltjies na 25 beurte. Die boulers wat kon deurbrake maak was Logan Geldenhuys met 2 paaltjies, Harm Marx en Tiaan Nagel met 1 paaltjie elk.

Baie geluk aan die spelers van Aliwal-Noord met die mooi uitslag.

 

There is a hero in all of us!

Bloedskenk

You are someone’s perfect match. That is the slogan that the newly appointed ‘Peer Promoters’ of Aliwal North High School go by. Of course, they aren’t talking about relationships, but instead they’re talking blood. Specifically, your blood and how it can save someone’s life.

Our country’s population is on the rise and so too is the demand for safe blood supply. On Wednesday the 23rd of January, six students from the school were trained on how to assist the South African National Blood Services on meeting those high demands. They play an integral part in the amount of blood donated every year around the country, as these ‘Peer Promoters’ help educate their peers on the importance of safe blood donation. They also recruit new donors and encourage people to become regular donors. They are essential in creating a future where being a regular healthy blood donor is the norm.

Aliwal North High School is also a proud host of multiple SANBS blood drives that occur during the year. The promoters are tasked with arranging the blood drive and ensuring that the function runs smoothly for everyone involved. These are all responsibilities that these students shoulder proudly.

Taking the time to donate blood for four minutes could potentially gift three people with the opportunity of living longer lives. So with that said, the Aliwal North High School Peer Promoters are challenging you to become a blood donor and to become a promotor to your own peers because as we like to say, it’s not just about blood, it’s about life.