Netbal Februarie 2020

Op 29 Februarie het ANHS Netbal deelgeneem aan die Fichardt Park Sportdag. Saterdag vroegoggend het3 spanne die pad aangedurf om deel te neem. Die o/19 A span verloor hul  wedstryd 16-18 . Ongelukkig kon die ander spanne nie hul wedstryde  speel nie as gevolg van reën.

Alies Hokkie begin hul seisoen met ‘n ‘bang’!

Eerste Hokkiespan

Op Saterdag, 29 Februarie, gedurende die jaarlikse Fichardtpark sportdag in Bloemfontein, het 'n baie vurige en wakker 1ste Hokkiespan van Hoërskool Aliwal Noord, hul seisoen afgeskop met 'n asemrowende vertoning.

Die span speel hul eerste wedstryd teen Hoërskool Ficksburg en wen die wedstryd 7-0.

Na 'n kort ruskans, draf hulle weer uit op die veld en speel teen Hoërskool Landboudal. Vanaf die 1ste minuut op die veld, hervat die Alies hul uitstekende momentum en speel weereens ongelooflike aanskoulike hokkie. Hulle wen ook hierdie wedstryd 3-0.

Hou gerus hierdie jong, talentvolle span dop!

Ons maak tuin

tuin

After a very successful Valentine’s project it was time for ANHS Land Service to do some more hard work. The Alies Land Service revitalised their garden on the ANHS School grounds after the glorious rain. The members had to clean the garden and replant some succulants. Quite a lot of work was done in only an hour and the learners were rewarded with Oros for their hard work.

- Akho Makhomfana