ANHS spog met puik onnies!

Nie eers ‘n grendeltydperk kon ons ANHS onnies stuit nie. By die jaarlikse Joe Gqabi District Achievement Awards seremonie is ‘n hele bakkievrag van ons onnies vereer vir hul pratige uitslae tydens die Matriekeindeksamen 2020. Graag wil ons baie geluk sê aan die volgende onderwysers.

Me. Meyra Venter  se matrieks behaal 100% slaagsyfers vir Afrikaans Huistaal, Me. Lise-Marie Kruger behaal 100% slaagsyfer vir Rekeninkunde en Mnr JF Bosch behaal 100% slaagsyfer vir Ingenieursgrafika en Ontwerp.

Me. Ilse Booysen  en Me. Sandra Watkins behaal elkeen 7 onderskeidings vir hul vak, Lewenswetenskappe. Mev. Ananda Visser en Mev. Naomi Liebenberg behaal elkeen 5 onderskeidings vir hul vak, Wiskunde Geletterdheid. Me. Rochelle Vorster behaal 8 vakonderskeidings vir English First Additional Language asook die meeste onderskeidings vir Engels FAL in die distrik!

ANHS verwerf tweede plek in die Joe Gqabi Distrik met ons tweede hoogste Graad 12 slaagsyfer. ANHS word vereer met nog ‘n tweede plek posisie vir die tweede meeste Baccaulareus Graadstudie kandidate in die Joe Gqabi distrik.

Baie geluk ons is trotse Alies! My trop, my trots!