5 van AHNS se top atlete oppad Paarl toe!

Ses van ANHS se top atlete het Saterdag 13 Maart aan die ASA Vrystaatsub- en jeugkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Die weer het goedsaamgespeel en het uitstekende uitslae vir die dag opgelewer. Ten speite van die feit dat ons atlete meer as ‘n jaar laas aan kompetisie meegeding het, het hul steed baie goed gevaar.

Hulle het die volgende prestasies behaal. Monique Weitsz behaal ‘n 1ste plek vir die dogters o/18 5000m Stap in ‘n tyd van 30:115.85 . Francois van Niekerk behaal ook ‘n eersteplek vir sy hoogspring seuns 0/16 met ‘n wen hoogte van 1.77m. Catherine van Aardt, dogters o/16 behaal ‘n tweedeplek vir die 3000m in ‘n tyd van 11:34.00.Sy behaal ook ‘n sesdeplek vir haar 1500m met ‘n tyd van 5:36,90. Marlinka Zurich behaal ook ‘n tweede plek vir dogters o/16 vir spiesgooi met ‘n afstand van 36.37m. Robert Orrock behaal ‘n 3de plek vir die seuns o/18 3000m met ‘n tyd van 09:24.41. Ethan Du Plessis, seuns o/16, neem deel aan die 100m en 200m, hy behaal ‘n derdeplek in sy uitdun vir die 200m met ‘n tyd van 23,36 s. Baie geluk met julle prestasies.

Ons wil ook baie geluk sê aan die volgende atlete wat gekies is om van die 7de tot die 10de April aan die ASA Nasionale Kampioenskappe in die Paarl te gaan deelneem. Hulle is Robert Orrock, Monique Weitsz, Francois van Niekerk, Marlinka Zurich en Catherine van Aardt.