ANHS Atletiek - 19 Maart 2021

Vrydag 19 Maart het ANHS ‘n skoolatletiekbyeenkoms gehad by Sauerpark vir die eerste keer in tien jaar! Nee, dit is nie ‘n droom nie! Na weke se harde arbeid het Sauerpark weer ‘n atletiekbyeenkoms opgelewer. Die nuut oorgedoende atletiekbaan het gesorg vir blits vinnige tye en die rekords het behoorlik gespat op die baan asook op die veld. Die dag sou perfek gewees het as ondersteuners toegelaat was maar dit was mooi om te sien hoe die Alie-atlete mekaar aangepor het. Ons sê baie geluk aan die volgende leerders wat rekords verbeter het.

 Marlinka Zurich Meisies o/15 SG (35,70m) ; Tine Pretorius Meisies o/14 GS(10,05m) ; Reinnier Fourie Seuns o/16 DG (39,31m) ; Robert Orrock Seuns o/17 (9:50.00s) 3000m ; Catherine van Aardt Meisies o/14 (11:39.63s) 3000m ; Ethan Du Plessis Seuns o/16 200m (23,70s) 200m en100m (11,10s) ; Petra Kok Meisies o/14 200m (28,60s) en 100m (13,06s) en Keeshaun Basson Seuns o/14100m (11,90s).