ANHS spog met uitstekende 2020 Matriekuitslae!

Elke onderwyser sal 2020 onthou  as die jaar waar hul moes aanpas of agter bly! Die lockdown en afstandleer was vir beide leerders en onderwysers ‘n groot kopseer maar hierdie matrikulante het bewys dat niks hul onder kry nie! Graag wil ons spog met ons pragtige uitslae van 2020:

Ons spog met 65 vakonderskeidings, 65 kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir verdure baccalaureus graadstudies, 17 leerders kwalifiseer vir verdere diplomasertifikaatstudies en 2 kwalifiseer vir hoërsertifikaatstudies.

Ons spog dus met ‘n goeie 96,5% slaagsyfer vir 2020.

Nege leerders behaal 2 vakonderskeidings elk en tien ander leerders behaal 1 vakonderskeiding elk.

Baie geluk met hierdie puik uitslae! Ons Alie harte bars van trots. Dit was ‘n uitdagende jaar maar julle het koning gekraai! Goedheid en guns op jul pad vorentoe, Matrieks 2020!