Alies Hokkie is kookwater by die Grens Sportdag!

eerstespan

Alies se eerste hokkiespan het meegeding aan die Grens Sportdag wat die naweek van die 6 en 7de Maart in Oos-Londen gehou is. Die meisies speel hul eerste wedstryd teen Hoërskool Hangklip en wen 7-1. Die hokkiedogters was vuur en vlam toe hul die volgende dag weer op die astro opdraf. Dié keer speel  speel hul teen Port-Alfred en wen hul 8-0. Die laaste wedstryd vir die dag was teen die gesogde Hudson Park Hoërskool en ons Alies was aanskou as die ‘under dogs’. Die meisies het hul vrese afgesluk en aanskoulike hokkie gespeel. Die Alies wen met ‘n rekordtelling van 13-0. Knapgedaan dames! Julle maak ons ongelooflik trots!