Kolskoot tydens Fichardtpark Sportdag

skiet

Tydens die jaarlikse Fichardtpark Sportdag, op 28 en 29 Februarie 2020, het die skuts van Hoërskool Aliwal-Noord ook gaan deelneem en baie goed gevaar.

In die 0/16 afdeling het Rudolph Coertze behaal ‘n 14de plek met 462 punte en Bruce Malherbe behaal ‘n 20ste plek met 418 punte.

Harm Marx behaal ‘n 11de plek met 422 punte, Izelle van Vuuren behaal ‘n 19de plek met 391 punte en Mandie Wiese behaal 20ste plek met 390 punte. Johane Malan behaal ‘n 25ste plek met 380 punte Hierdie skuts neem almal in die 0/14 afdeling deel.

Baie geluk aan al ons skuts wat hul man gestaan het teen groot skole. Die volgende Prysskiet vind plaas op 13 en 14 Maart 2020 by Hoërskool Aliwal-Noord.