ANHS Atletiek

Joe Gqabi Atletiek Rekordhouers

Op Woensdag die 26ste Februarie het die jaarlikse Joe Gqabi atletiek byeenkoms plaasgevind by ANHS. Dit was ‘n baie lekker dag en die atlete het dit baie geniet.  Ons sê baie geluk aan die volgende leerders wat nuwe rekords opgestel het : Francois van Niekerk vir seuns o/14 Hoogspring met ‘n hoogte van 1,65m : Jane vd Walt vir meisies o/14 gewigstoot met ‘n aftand van 9,68m (755 punte) : Marlinka Zurich vir meisies o/14 spiesgooi met ‘n afstand van 34,58m (750 punte)  : Ethan Du Plessis vir seuns o/15 100m met ‘n tyd van 11,30s (764 punte)  en 200m met ‘n tyd van 23,80s : Janco Labuscagnie vir seuns o/17 110mH met ‘n tyd van 15,30s (772 punte) : Philela Ngcagca for men u/19 110mH in a time of 15,14s (800 punte). Baie geluk ook aan 17 leerders wat gekies is om aan die Oos-kaap atletiek byeenkoms deel te neem in Cradock die 5,6 en 7de Maart.  Hulle name is as volg : Seuns – Mawonga Saule, Francois van Niekerk, Ethan Du Plessis, Keejachin  Bosson, Reinnier Fourie , Duran Sauer, Janco Labuscagnie, Robert Orrock, Ruan Esbach, Philela Ngcangca en William James Orrock. Dogters is Marlinka Zurich, Jane van der Walt, Zenique Sharnick, Minay Cloete, Monique Weitsz  en Chesne Pharo.