Alies seuns speel kookwater Tennis!

ANHS Tennis seuns

Vrydag, 28 Februarie, het 12 seuns aan die Fichardtpark Tennisdag deelgeneem.  Ons 3de span speel teen Bothaville, Fichardtpark, Zastron, Burgersdorp en Grens. Hulle verloor ongelukkig teen Grens en eindig 2de in hulle groep.  

2de span speel teen Fichardtpark, Zaston, Diamantveld, Burgersdorp en Grens.  Hulle wen al hulle wedstryde en eindig 1ste in hulle groep.

1ste span speel teen Jim Fouche, Sentraal, AHS Kroonstad, Diamantveld, Middelburg en Union High. Hulle wen ook al hulle wedstryde en eindig 1ste in hulle groep.

Dit beteken dat ons 1ste en 2de span teen mekaar moes speel om die wenner van die dag te bepaal.  Ons 1stes wen ons 2des en wen die B-afdeling. Baie geluk manne! Julle is voorwaar ‘n groep tennisspelers om dop te hou!