ANHS Skoonmaakprojek

Skoonmaakprojek

‘n Klompie gewillige landsdieners en Interacters het Saterdag, 7 September, gehelp met die Trash Bash skoonmaakprojek. Die Alies het langs die pad, tussen Spar en die bruggie op die Burgersdorp pad, skoongemaak. Dit is nie n aangeneem taak nie maar die leerders het die taak met entoesiasme aangepak. Dit wys dat daar tog mense is wat gewillig is om hulle gemeenskap op te bou.  Mooi so ANHS!