Sewes Rugby

sewes rugby

Hoërskool Aliwal Noord se onder 17 sewes span eindig 2de in die Standard Bank sewes toernooi in Bloemfontein. 

Op 31 Augustus 2019 het die Alies se sewes rugby span aan die jaarlikse Standard Bank sewes toernooi deelgeneem wat by Sentraal Hoërskool gehou is. 12 Spanne van onderskeie skole het aan die sewes toernooi deelgeneem. 

Die uitspeel rondtes van die toernooi het bepaal dat 3 spanne elk in vier poele ingedeel is. Die top twee spanne van elke poel sal dus voortgaan na die kwarteindstryde waar rang 1 van poel 1 teen rang 2 van poel 3 speel en andersom. Spanne wat dus wou kwalifiseer vir die kwarteindstryde moes ten minste een wedstryd wen in die uitspeel rondtes om voort te gaan in die toernooi. Na die kwarteindstryde was daar semi finale en dan die finaal tussen die beste 2 spanne van die dag.

Die Alie Buffels kom in hulle eerste wedstryd te staan teen Hoërskool Sentraal van Bloemfontein se eerste span. Die Alie Buffels gaffel hulle opponente sodat hulle nie ander keuse het as om oor te gee nie. Die eindtelling in die wedstryd 33 - 21 in die guns van die Alie Buffels. Hierdie was n baie belangrike wedstyd aangesien die wedstryd se uitslag die gasheer, Hoërskool Sentraal uitgeskakel het van die toernooi aangesien Sentraal alreeds vroeër in hulle ander poel wedstryd verloor het.Die Buffels kom in hulle 2de wedstryd te staan teen Grey College se 3de span. Die Buffels verloor die wedstryd 14 - 31 maar vorder na die kwarteindstryd van die toernooi waar hulle nog n hap van die kersie kon vat. 

In die kwarteindstryd kom die Buffels te staan teen Fichardtpark se eerste span. Die Buffels speel fantastiese 7's rugby en oorweldig die Fichies met n welverdiende wen van 19 - 5. Die wen is egter baie swaar aangesien 3 van die Buffels se senior spelers beserings opdoen gedurende die wedstryd. 

Hierdie wen plaas die "Klein skool met die groot hart" in die semi finaal teen HTS Louis Botha van Bloemfontein se eerste span. In die wedstryd speel die Buffels fenominale rugby en troef HTS met 47 punte teenoor 5. 

Die Buffels dring dus deur na die finaal waar hulle teen Grey College se eerste span te staan kom. Die Buffels veg moedig in die wedstryd, maar die span van Grey College het net te veel skietgoed vir die Buffels. Grey College 1 wen die wedstryd 63 - 0. 

Baie geluk aan elke Buffel speler wat gewys het waartoe Hoërskool Aliwal Noord en die platteland in staat is. Hierdie Alies se groot harte en uithouvermoë is net weereens ‘n bewys dat Aliwal Noord Hoërskool geleenthede aan leerders bied en die ondersteuning verskaf wat nodig is sodat drome bewaarheid kan word. Die Buffels hoef vir niemand of niks terug te staan nie#MYTROPMYTROTS!