Alies tennis is tops!

tennis Aug

Die naweek van 23 en 24 Augustus het ANHS se 1ste tennisspan aan die Wasserman tennistoernooi in Middelburg deelgeneem. Die spanne het bestaan uit 4 seuns en 4 meisies. Hulle het dubbels en gemengde dubbels gespeel.

Uitslae was soos volg:

Wen Middelburg 29-27
Wen Global Acadamy 35-21
Wen PJ Olivier 45-11
Wen Union 34-22
Wen Volkskool 40-16

Die tennisspan wen die B-afdeling en verower ook die volgende pryse:

Esmarie Vorster die "Just do it" prys vir deursettingsvermoë.

Anica Pretorius speler met die meeste potensiaal in B-afdeling.

Janco Labuscagnie speler van die toernooi. (B-Afdeling)