ANHS trots op Owethu Marx

Soos elke jaar het die graad 11 Drama leerders van ANHS na Oos- Londen gereis om aan die Alexander Playhouse Festival deel te neem. Dit is ‘n baie gewilde en mededingende kompetisie. Baie tyd word aan die tonele geskenk. ANHS kompeteer teen die beste skole in die bedryf. Deon Opperman, bekende dramaturg, is die stigter van hierdie kompetisie en behartig die finale rondte.

Uit al die skole wat deelneem, word die beste 6 tonele gekies om aan die finale rondte deel te neem. ANHS se toneel is gekies om in die finale rondte deel te neem. Dit is ‘n enorme voorreg en prestasie. Die toneel, RETALIATE, is deur Owethu Marks, graad 11 leerder van ANHS, geskryf en opgevoer.

Die toneel handel oor ‘n vergete vrou wat steeds in 2019 misbruik word. Sy word as eiendom gesien in plaas van die mens wie sy is. Die karakter word gedwing om vir haarself op te staan….met tragiese gevolge.

Die finale rondte vind Vrydag, 16 Augustus 2019, in die Guilde Teater in Oos-Londen plaas. Dit is ‘n groot eer vir ANHS. Sterkte Owethu!