ANHS SKIET-UITSLAE

Die Semi-finaal skiet kompetisie van die Vrystaat Skoleskiet Vereniging is gehou op 2 Augustus 2019 by Hoerskool Sentraal. Twee van ons onder 16 skuts, Walt Vorster en Rudolph Coertze, het pragtige totale geskiet.  Walt Vorster is ook gekies om in die finaal vir die onder 16 span op 17 Augustus 2019 te gaan deelneem. Baie geluk aan hierdie twee Alies en baie sterkte – ANHS hou duim vas dat dit goed sal gaan!