Slim, slimmer, Rooispan!

rooispan

Ter voorbereiding van die Interskole hou die Alies jaarliks die Interkleure Vasvrae. Daar word voorberei en verskeie onderwerpe bestudeer om gereed te wees vir enige vraag wat Juffrou Booysen kan uitdink. Die Rooispan het weereens bewys dat hulle die skerpste is wat algemene kennis betref, met die Geelspan kort op hulle hakke en die Blouspan in die derde plek.

ANHS bedank graag die kultuurbestuur vir hulle reëlings en Juffrou Booysen wat as vraagsteller opgetree het. Dankie ook aan elke onderwyser wat kom ondersteun het en elke leerder wat na die tyd lekker gesokkie het. #audentiorito