ANHS onder 16 YBs klop Burgersdorp oortuigend op eie bodem.

burgersdorp 0 16

3 Augustus 2019 is n dag wat vir altyd in elke YB se hart sal bly. Op hierdie dag het die onder 16 YB manne van ANHS hulle laaste wedstryd saam as junior rugbyspan gespeel. Die YB manne het ook hulle strawwe seisoen afgesluit met n goeie en welverdiende wen.

Die YBs vertrap hulle eweknie van Burgersdorp met 26 punte teenoor 0. Daar is van meet af klipharde rugby gespeel en n mens kon die atmosfeer van die groot interskole dag letterlik met n mes sny. Oudergewoonte was die YB manne van die begin af in beheer van die wedstryd. Hulle het Burgesdorp geen ruimte gegee op die aanval nie en het telkemale hulle opponente met klipharde laagvatte geboelie. Op die verdediging het Burgersdorp goeie weerstand gebied maar met die volgehoue druk en goeie struktuur waarmee die YBs rugby speel kon die doellyn nie langer wit lê nie. Pragtige drieë is gedruk deur Jadin Johnson, Marco Langenhoven x 2 en Wessie Odendaal. Wessie Odendaal slaag ook met 3 verdoel skoppe.

In die seisoen speel die YB manne15 wedstryde waarvan hulle 14 wen en slegs 1 verloor. Welgedaan YB manne! Julle legende sal voortleef in ANHS.