ANHS Landloopatlete sluit liga met spoed af!

landloop

Vrydag, 2 Augustus, het al 9 landloopatlete gaan deelneem aan 2019 se laaste ligabyeenkoms, in Bloemfontein. Teen spyte van die wind wat atlete se tye bietjie langer gemaak het, het ons atlete steeds goed presteer.

Die atlete het nou 2 weke om voor te berei vir die Vrystaat Kampioenskappe wat op Saterdag, 17 Augustus, in Bloemfontein aangebied word.

Ons is baie trots op ons atlete wat al van Januarie hard oefen.

Hier volg Vrydag se uitslae (4km):

Rikus Pienaar 25,08

Robert Orrock 14,40

Ashleigh Shaw 16,00

Franco du Toit 16,41

Zack van Jaarsveld 23,30

Amè Byleveld 25,48

Maritsa Welgemoed 20,19

Mizahne Mcgregor 21,31

William-James Orrock 14,54