ANHS vs Hoërskool Burgersdorp Hokkie 3 Augustus 2019

burgersdorp

Saterdag 3 Augustus, het drie van ANHS se hokkie spanne die dag aangepak met selfvertroue om deel te neem aan die jaarlikse interskole.

ANHS se 3de span het die dag afgeskop met ‘n moeilike wedstryd teen BHS. Die spannetjie het hard gewerk en baie goed saam gespeel. ANHS wen die wedstryd 1-0.

ANHS se 2de span speel volgende. BHS het die 1ste helfte van die wedstryd gedomineer. In die 2de helfte het ANHS sterk teruggeval en ‘n uitstekende doel aangeteken. ANHS wen die wedstryd 1-0.

ANHS se 1ste span speel laaste teen BHS se 1ste span. Soos altyd was die ‘n moeilike wedstryd vir altwee spanne. ANHS se 1ste span het ongelooflike mooi hokkie gespeel. Die meisies het hard gewerk en baie goed saam gespeel, maar nie een van die spanne het geslaag om ‘n doel aan te teken nie. ANHS speel gelyk op 0-0 teen BHS.

Baie geluk aan al die hokkie spanne en hulle afrigters met ‘n goeie jaar en ‘n uitstekende interskole.

ANHS se eerste dogters span se opsomming van die 2019 seisoen lyk soos volg:

24 wedstryde gespeel

4 wedstryde verloor

10 wedstryde gewen

10 wedstryde gelyk op gespeel

40 doele deur ANHS aangeteken

19 doele teen ANHS aangeteken.