Buffels vs Blikkies

buffels blikkies

Die 1ste rugbyspan se wedstryd Saterdag teen Burgersdorp was weer een vir die boeke.
Die Buffels het die eerste helfte van die wedstryd gedomineer deur ‘n stafskop te verdoel asook 2 drieë te druk, deur nommer 14 Tecy Williams en nommer 13 Zukhanye Phindani. Rustyd telling het gestaan op 15-3 in die guns van die Buffels. Kort na halftyd in die 2de helfte van die wedstryd het die blikkies terug geslaan met ‘n drie deur hul agterlyn en dit word verdoel deur blikkies se nommer 10 Geor Hofmann. Met die telling op 15 -10 kry die Buffels ‘n strafskop en dit word verdoel deur nommer 10 Philela Ngcangca. Met tien minute op die klok oor word die blikkies beloon met ‘n straf drie vir ‘n gevaarlike duikslag deur die Buffels, die telling nou op 18-17 vir die Buffels. In die laaste 5 minute van die wedstryd hou die Buffels die bal vir 10 fases na mekaar en aan die einde skop hul die bal by die kantlyn uit met die fluitjie wat blaas in die agtergrond. Buffels wen 18-17!