TIENERTONEEL: ATKV PORT ELIZABETH

Drama students

Die Gr 10 drama leerders van ANHS het op Woensdag, 24 Julie na  PE vertrek om deel te neem aan die ATKV Tienertoneel kompetisie wat landwyd gehou word.

Die deeelname en waarneming van ander skole se opvoerings was ‘n onvergeetlike ervaring en  hulle het ongelooflik baie geleer.

Die beoordelaars  was  bekende Afrikaanse akteurs en het met hul terugvoering die leerders baie raad gegee vir toekomstige optredes.

Baie geluk aan Shiri Wiessie, wat op baie kort kennisgewing so goed gedoen het en ook ‘n toekenning ontvang het. Geluk ook aan Monique Thompson met haar toekening .

Hartlik dank ook aan hul onderwyser, Mnr Johan Hattingh wat bus bestuur het, asook ANHS se drama voog, Mev Hendra Bezuidenhout. Julle opoffering om Alies se potensiaal so te ontwikkel word opreg waardeer.