onder 14 provinsiale hokkie speler

Kamerin McPherson“… though she be but little she is fierce”- Shakespeare

Kamerin McPherson het tydens die Junie vakansieaan die “u/14 South Hockey Tournament” in Bloemfontein deelgeneem. Hierdie span bestaan uit dogters van 5 verskillende skole waarvan Hoërskool Aliwal-Noord een is.  Kamerin is as onderkaptein van die span verkies en sy was ‘n regte ambassadeur vir die Alie naam.

Volgens Kamerin se Amathole span afrigter is sy ‘n merkwaardige hokkiespeler wat ware sportmanskap uitgebeeld het.

Kamerin,wat ‘n doring in haar gebied as “centre striker”  is, was verseker ‘n doring in haar opponente se vlees. Hierdie Alie se liefde en passie vir hokkie is aansteeklik en sy kon dit weereens op die sportveld gaan uitleef.

Die Amathole span het oor die algemeen nie te wafers gedoen nie en het 12de uit 14 spanne ge-eindig.

Baie geluk Kamerin McPherson, jy is verseker dinamiet in ‘n baie klein pakkie!