ANHS Onder 16A YB’s rugby seëvier oor Volkskool onder 16A

In die laaste wedstryd van die kwartaal het die ANHS YB's vir Graaff Reinet se Volkskool in 'n bitter taai stryd gewen.

Die wedstryd is in bloedige hitte gespeel en albei spanne het soos twee swaargewig boksers houe uitgeruil. Die   YB' s het egter aan die einde van die wedstryd staande gebly en as oorwinaars uit die stryd getree met die finale punte telling van 28 - 12. Drieë vir die YB's is aangeteken deur die volgende spelers: Wessie Odendaal x 2, Gershwone Smith x 1 en Marco Langenhoven x 1.

Wessie Odendaal slaag met al 4 verdoel skoppe.