ANHS o/14 Rugby

Aliwal Noord het die naweek van die 25ste Mei teen Volkskool van Graaf - Reinnet gespeel in Aliwal self en wen die wedstryd 14-10 in een van hul hardste kragmetings tot nou. Die span het van die afskop af met mening ingeklim, maar was bietjie op hul senuwees gewees in die eerste 5min van die wedstryd.Die span van Aliwal was net te fisies en vinnig om te keer en die rustydtelling  was 14-5 in ANHS se guns.Goeie aanvallende spel en harde verdediging was reg deur die wedstryd deur Aliwal getoon en dit was die sleutel tot hul sukses.

Baie geluk aan Ethan Du Plessis en Demitri Prousalouglo wat elk 'n mooi drie gedruk het.Geluk ook aan Neels Nelson wat geslaag het met altwee sy doelskoppe.Welgedaan BB's, dit was 'n ware spanpoging gewees.