ANHS 2de Hokkie span borg

2de hokkies

ANHS se 2de hokkie span wil graag dankie sê aan Stephan Bosman en Everhard van Pletzen van Thumbs Up Electrical, vir die borg van hulle opwarmings hempies. ANHS is baie dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning.

Seunshokkie KOOK!

Seuns

Dinsdag, 6 Augustus, het ‘n ANHS seunshokkie span teen gemengde Queenstown span gespeel. Al moes die Alies speel sonder van hul spelers, as gevolg van beserings, het hierdie ANHS seuns nie terug gestaan nie. Hulle het ongelooflike karakter en sportmanskap gewys. Die Alies wen Queenstown 3-1.

Alies tennis is tops

1ste tennis

Maandag, 12 Augustus, het 1ste tennisspan teen Zastron gespeel. ANHS wen hierdie wedstryd 11-9. Baie geluk ook aan Nico Coertze, Henco Vorster en Andre Schoeman wat al hulle wedstryde wen.