School News

Tennis - SATA Mini Reeks tennistoernooi

Imiell Christensen, Nico Coertze, Andre Schoeman, Jody Verwey, Anzaan van der Walt en Lelanie Pothumus het die afgelope naweek aan ‘n SATA Mini Reeks tennistoernooi in Oos-Londen deelgeneem.

0/16 Afdeling

Imiell Christensen 8 ste
Jody Verwey 9de
Andre Schoeman 10de
Nico Coertze 11de

Anzaan en Lelanie moes onder 18 deelneem en Lelanie eindig 13de en Anzaan 14de.

Baie geluk aan die tennisspelers met hul puik spel tyends die strawwe kompetisie teen talle leerders van stadskole.

tennis SATA

Hoërskool Aliwal - Noord Skietklub

Walt VorsterWalt Vorster het van 1 tot 5 Oktober 2017, aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Skole Skiet Unie (SANSSU) Kampioenskappe te New Castle deelgeneem.

Die volgende provinsies was teenwoordig:  Ekurhuleni, Gauteng, KZN, Limpopo, Mapumalanga, Noord-Gauteng, Noord-Kaap, Noorwes, Oos-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat.  ‘n Totaal van 402 skuts het in 4 verskillende kategorië deelgeneem, nl. Presisie, Sporter, Veer en Pistool.  Daar is 3 ouderdomsgroepe, nl. 0.14, 0.16 en 0.21.

 Walt het individueel kompeteer in die 0.14 Luggeweer Sporter afdeling en hier verwerf hy ‘n Skerpskutter (brons) toekenning met ‘n total van 1366 punte uit 1600.  Die punte word bereken deur 2x 3P’s (lê, kniel en staan) en 2x 10m Staan rondtes te skiet.

 Hy verteenwoordig ook die 0.14A Vrystaatspan. Hy neem in spanverband deel (4 lede per span) en hulle verower ‘n goue medalje.

 Besoek gerus die SANSSU webtuiste vir meer inligting:

http://www.sanssu.co.za/Home.aspx

 Verskil tussen Sporter en Presisie afdelings:

Sporterskuts

Die doel van ‘n Sporter-luggeweer is dat dit ‘n lae koste, intree-vlak geweer sonder gespesialiseerde modifikasies sal wees.  Die geweer skiet met saamgeperste lug of CO2. Die totale gewig van die geweer saam met die visiere en ander byvoegings, mag nie 3.375 kg oorskry nie.  Skietbaadjies, -hemde en -broeke met addisionele kussinkies word nie toegelaat nie.

Presisieskuts

Enige 4.5 mm (177 kaliber) pneumatiese, veergeweer, saamgeperstelug- of CO2-geweer mag gebruik word.  Buite gewigte kan aan die geweer aangebring word, solank die totale gewig van die geweer, visiere, ander bybehore, nie 5.5.kg oorskry nie. Presisieskuts dra gespesialiseerde uitrustings.

 Skuts kan ook in ‘n pistoolskiet of veerskiet afdelings kompeteer. Veerskuts skiet met tradisionele knak windbukse met dieselfde visiere as die Sporter- en Presisiegewere. 

Besoek gerus die SANSSU webtuiste vir meer inligting:

http://mpumalangaskiet.co.za/Sanssu%203p%20reels%202009.pdf

Dit verg harde werk en toegewydheid, maar  dit bly ’n groot voorreg om Luggeweerskiet as ‘n sport te beoefen.  Graag bedank ons Hoërskool Aliwal-Noord wat ons leerlinge ten volle in hierdie sport ondersteun.  Die skietklub is by SANSSU (Suid-Afrikaans Skole Skiet Unie) geaffilieer en het tans 15  lede wat in die Sporterafdeling deelneem.  Skuts wat belangstel om in 2018 aan skiet deel te neem, kan die Hoërskool of Deon Vorster kontak.

Goud

Jane beste in SA!

SAARA SA’s
 Jane van Geems behaal ‘n eerste plek by die pas afgelope SAARA SA’s en is die SA Nationale 10m Olimpiese vroue kampioen vir 2017! Sy behaal ook ‘n Silwer vir 10m dissipline met ‘n 400.7 en
Brons vir 3P dissipline met ‘n 581.

 Baie geluk Jane!

Jane van Geems  Jane reg vir aksie