School News

ANHS leerders besoek VSA

Alieland se Top 10 Akademiese presteerders is genooi op ‘n akademiese toer na die VSA. Agt leerders saam met Mev. Fourie was gelukkig genoeg om die toer te kon meemaak. Akademiese presteerders van skole regoor Suid-Afrika het die toer meegemaak.
‘n paar van die leerders het hul hoogtepunte gedeel:

Ek droom nog altyd om die statue of liberty met my eie oë n New York te beskou. My droom het waar geword! Om n gebou van 250 verdiepings net langs jou te sien, is iets uit hierdie wêreld. Amerika was goed vir my! Annique Leeuskieter

Ek het die geleentheid gehad om my September vakansie in Amerika te spandeer. Ons was daar vir amper 10 dae en elke oomblik was fantasties en interessant, my persoonlike gunsteling was die 9/11 memorial waar mens alles oor die gebeurtenis kon uitvind, en kon sien en lees hoe elke oomblik gebeur het dit het nie net mens se kennis vebreed nie, maar ook jou hart geraak. Ons het ook n hele paar universiteite besoek onder andere Harvard en Princeton hulle het ons ñ behoorlike toer gegee en selfs die geskiedenis van die universiteit saam ons gedeel, dit het ons ñ weier perspektief gegee van wat die wêreld ons kan bied buite Suid-Afrika, om die Amerikaanse kos te proe en die koeldrankies te drink was ook iets besonders alhoewel amper als ongesond was het ek myself oorreed dat dit vakansie is. Die toer was iets besonders en ek is dankbaar dat ek kon gaan, maar Suid-Afrika bly my huis, niks is lekkerder as braaivleis nie.
Angelique Leeuskieter

One of my most memorable highlights is definitely getting lost with my new friends at night in New York, Time Square. Although it was night time that city just never seems to stop. The lights, the sounds and the people are something everyone should experience. But one thing I will never forget is touring Yale University and attending a lecture at Columbia University and MIT. They changed my perception on how high I should aim with my future and gave me much needed, much appreciated motivation.
Olwethu Nyezi

Quincy Market en Harvard Universiteit was hoogtepunte tydens die drie-dae besoek in Boston.
Om Time Sqaure in New York te beleef was ‘n onvergeetlike oomblik.
Tydens ons besoek in Washington het ons foto’s geneem met die Wit Huis in die agtergrond.
Soveel herinneringe is tydens die onvergeetlike toer gemaak.

Glendi Vorster

Times Square in New York is the busiest place that I have ever been to in my life! There are countless shops, massive digital billboards, fancy theaters and restaurants. Approximately 330000 people pass through Times Square daily. It was a once in a lifetime opportunity to visit the Big Apple. – Karli van der Walt

 

ANHS receives Printers

James Wain van Dynamic Image skenk twee printers namens Round Table Nahoon aan ANHS

Alieland was lucky enough to receive two brand new printers from Dynamic Image. Mr. James Wain from Dynamic Image, Professional Graphic Solutions, made the donation on behalf of Round Table Nahoon. Round Table Nahoon has an initiative to donate 250 printers to schools. ANHS is lucky enough to be one of the recipients of these printers.

Erfenisdag projek

IMG 7019

 

Alieland se Hoër en Laerskool het saam gespan en hierdie projek van staple gestuur. Leerders het ‘n donasie gegee en kon op 21 September volgens hul erfenis aantrek. Die fondse ingesamel is aan die Aliwal Museum geskenk. Die jongmense het moeite gedoen om deel te neem aan die projek en die twee skole kon ‘n bydrae maak tot die bewaring van ons dorp se erfenis.