School News

Bloedskenk

Woensdag 8 Mei is daar weer bloed geskenk in Alieland. Daar word elke kwartaal ‘n geleentheid geskep waar leerders by die skool tydens skoolure kan skenk. Hierdie geleenthede poog om elke leerder ook bewus te maak van sy/haar sosiale verantwoordelikheid asook om iets vir ander te doen en niks (behalwe ‘n koekie) in ruil daarvoor te kry nie. Leerders ouer as 16 mag skenk en hulle gebruik hul af periode of pouse om gou te skenk. Daar word ongeveer 40 eenhede bloed geskenk per geleentheid. Dit is baie siende dat skenkings geleenthede in inkopiesentrums soms baie minder as dit oplewer. Elke Alie wat bloed skenk red ‘n lewe!

IMG 20180514 WA0010IMG 20180514 WA0010IMG 20180514 WA0010IMG 20180514 WA0010

CORSS COUNTRY NEWS

On Friday, 11 May, ANHS athletes ran their second cross country league in Bloemfontein. Congratulations to the following athletes who participated.
Robert Orrock (b14 -4km) 15,46
Stephan du Toit (b14 -4km) 16,05
Franco du Toit (b14 – 4km) 17,51
Ashleigh Shaw (b14 – 4km) 17,53
Maritsa Welgemoed (g15 – 4km) 22,23
Sentle Thabatha (g17 – 4km) 22,34
Divan Kruger (b17 – 4km) 15,42
William-James Orrock (b17 – 4km) 17,33
Congratulations to Robert Orrock who was elected to run for the Free State at the interprovincial meeting in Welkom on Saturday. We wish him all the best.
The next league will be on Friday 25 May in Bloemfontein. Good luck to all the athletes participating at this league.

Alies vs Hoërskool Bloemfontein

TENNIS
Die eerste tennisspan het Vrydag 11 Mei teen Hoërskool Bloemfontein gespeel.Die span klop die Bloemfonteiners oortuigend 14-1.

HOKKIE
Dit het baie goed gegaan met die Hokkiespanne.
o.15 wen 1-0
Tweedespan wen 4-0
Derdespan speel gelykop 0-0
Eerstespan wen 5-0
Die seunshokkie het 'n baie uitdagende wedstryd gespeel teen Bloemfontein Hoërskool. Behalwe vir reën, 'n sopnat baan en slegs 10 spelers op die veld het dit nie die seunshokkiespan verhoed om hulle beste te lewer en voluit soos Alies te speel nie. Die span het ongelukkig 3 - 1 verloor.

Hokkie Tweedespan

RUGBY
Die o.14 span wen 10-0 teen ‘n kombinasie o.14 en 0.15 span.
0.16 span wen 55-3.
Die span begin stadig en maak baie foute teen ‘n begeesterde span van Bloem. Halftyd is die telling 15-0 in die Alies se guns maar die stryd is nog nie gewen nie. Die tweede helfte speel die span stukke beter en kry al die reserwes ook welverdiende speelkans. Alies druk 9 drieë waarvan 6 in die tweede helfte gedruk is.
Die JB’s wen 34-15
Die Buffels
Die Buffels wen 59-0
Alhoewel die Buffels stadig begin het, het hulle alle fasette van die spel oorheers en halftyd reeds 29-0 voorgeloop. Die span het die beste vir laaste gelos en het die tweede helfte met mening gespeel. Tsolo Nkopane het baie mooi afgerond op die dag met 3 drieë. Die hele span het ‘n goeie vertoning gelewer en kan tevrede voel met ‘n baie goeie wedstryd.

ANHS NETBAL TEEN HOëRSKOOL BLOEMFONTEIN
Die O/14 A en B en O/16 A en B netbalspanne het Saterdag, 12 Mei teen Hoërskool Bloemfontein gaan meeding. Ten spyte van die reën, is die bane gevee en het die wedstryde steeds plaasgevind. Die eerste span moes onttrek omrede Bloemfontein se afrigter bang was vir beserings.
Die uitslae was as volg:
O/14 A verloor 4 – 8
O/14 B verloor 0 – 7
O/16 A verloor 2 – 9
O/16 B verloor 6 – 8
Baie dankie aan die buite-afrigters vir hulle getroue opoffering met die afrigting van die skool se netbal.