School News

VCSV Ma en Dogter Tee

So op die vooraand van vroue-maand, het ANHS se VCSV en Graad 11-Gasvryheidstudie leerders ‘n Ma en Dogter tee aangebied. Baie van die 170 gaste het ge-hoed en ge-lipstiffie opgedaag en pragtig ingepas by die tema van “hats and lips”

Beatrice Theron,’n oud-skolier was die spreker. Gaste is aangemoedig om die lewensreis se tasse te pak met hoop en die uitleef van ons drome.

Baie dankie aan almal wat van Vrydag 31 Julie ‘n onthou middag gemaak het.

Sport teen Middelburg en CBC

Alhoewel elke speler, afrigter en toeskouer ‘n yskoue dag verwag het, was dit verbasend ‘n baie mooi sonnige en suksesvolle sportdag.

Die Alies het teen hokkie en sokkerspanne van CBC (Bloemfontein) gespeel.

Die Derde span Hokkie het teen die 0/19 CBC span gespeel – CBC het die wedstryd met ‘n baie goeie aanvalstegniek begin. Tydens die eerste helfte het CBC een doel aangeteken, maar Aliwal het nogtans met baie goeie oordeelkunde verdedig. Tydens die tweede helfte het Aliwal die spel omgeswaai deur ook een doel aan te teken! Die wedstryd eindig met ‘n gelykoptelling 1-1.

Juffou Ananda Visser se: “‘n gedeelte wat julle as span beste beskryf en watekaltyd met trots in my hart sal dra, is: “The expert in anything was once a beginner. Our true character is that person we become when no one is watching” Juffrou Visserbedank graag haar span vir ‘n wonderlike seisoen en jaar.  

Vierdespan vs CBC O/16 het 4-0 gewen

Die Seunshokkie span speel Maandag 3 Augustus teen Queens College en wen 3-1. Baie geluk!

Rugby

Slegs een wedstryd word gespeel die 0/15 span speel teen Middelburg se 0/15 span. Die Alies tree as wenners uit die stryd en wen 14-7.

Netbal teen Middelburg

Vyf van die Alie-netbalspanne het Saterdag teen Middelburg gespeel. Die spanne het baie goed teen mekaar opgeweeg, aangesien die meeste halftyd en eindtellings nooi met meer as twee of drie doele verskil het nie. Al die spanne het voorwaar uitmuntende spel gelewer.

Die finale tellings was as volg:

1ste span wen 17-15

2de span wen 15-13

3de span wen 15-5

16 A wen 18-16 teen 15A

14A wen 17-10 teen 15B

Middelburg
Goeie Gees tussen spanne Derdespan saam met Middelburg se derdesspan

 

 

Soccer

Congratulations to Lucky Mohape who represented the Eastern Cape at the under 17 National Soccer Tournament that took place in Johannesburg during the June Holidays. Lucky is the star player of the ANHS first soccer team. Alieland is proud of you.