School News

Alies Presteer

krygkuns

White Tigers Krygkuns

CTSD en HK Suid-Afrikaanse Kampioenskappe 2018

Die Suid-Afrikaanse CTSD en HK Krygkuns Kampioenskappe is gehou op Saterdag 24 Maart in Johannesburg. Drie leerders van ANHS het deelgeneem en baie goed presteer!

Jody Verwey:     Brons (Geveg), Silwer (Tradisionele Vorms) Silwer (Moderne Vorms), Silwer (Lang Wapens Vorms) en Goud (Kort Wapens Vorms)

Henco Vorster:  Goud (Geveg), Silwer (Tradisionele Vorms), Silwer (Moderne Vorms) en Silwer (Lang Wapens Vorms)

David le Roux:   Brons (Geveg), Brons (Tradisionele Vorms) en Goud (Moderne Vorms)

Hierdie leerders gaan ook as deel van die President Ontwikkeling Span vanaf 4-6 Augustus 2018 aan die WWTF Tang Soo Do Wêreldkampioenskappe in London deelneem.

Baie geluk! Alieland is trots op julle!

Powerlifting

Simon Gush participated in the Rhino Powerlifting Club, KZN Branch, powerlifting competition, “Raise the Bar”. This was a qualifier for Nationals in June. To qualify lifters have to have a total of 3 principles nl. Squat, Bench Press and Deadlift. Simon only started the sport a few months ago and is already doing very well. Simon competes in the under 75kg category.  His results are as follows:

Squat: 90kg
Brench Press 82,5kg (SA record)
Deadlift: 150kg (SA record)

Total 322,5kg (SA record, previous record 310kg)

Prizes were awarded in weight categories he achieves a second place in the under 75kg category

Simon qualified to take part at the Rhino Powerlifting Club’s National Championships to be hel in Durban in June 2018. Congratulations Simon!

VCSV verjaar!

VCSV

VCSV is vanjaar 122 jaar oud en daar is partytjie gehou. Die dag het begin met die verkoop van suigstokkies en altesaam is daar 1500 verkoop. Die aand het die kerk se “band” ons gelei met lofprysing. ‘n Partytjie is nie ‘n partytjie sonder ‘n koek nie en die VCSV het gesorg vir ‘n ordentlike koek. Daar was ballonne, koeldrank en narre. Almal het hulle gate uit geniet. Wat ‘n lekker manier om die kwartaal af te sluit.

Buffels Toerspan

Buffels toerspan

Baie dankie aan Robert Swanepoel van Wimpy Aliwal –Noord vir die borg van die span se sakke en baadjies! Die span toer na Jeffreysbaai vanaf 27-31 Maart 2018.