School News

MM Stroobach

Op Woensdagmiddag 9 Maart het 3 leerders aan die jaarlikse MM Stroobach redenaars kompetisie deelgeneem naamlik, Annami den Heyer, Johan Jacobs en Pamela Sombo.

It is with great pleasure that we announce that Pamela came third in this esteemed competition.

Baie dankie ook aan Annami den Heyer en haar kultuurspan wat al die reelings getref het.

Pamela Sombo

Tennis Country Districts

Donderdag 10 Maart en Vrydag 11 Maart het die Country Districts Tennisspan teen Pixley ka Seme (De Aar) Tennisspan gespeel. Die volgende Hoërskoolleerlinge was in hierdie span.

0/14 Seuns   Jody Verwey
    Stefan Odendaal
    Nico Koertze
0/16 Seuns   Danie Naude
    Mihan Odendaal
0/18 Seuns   Rethabise Mantutle
0/18 Meisies   Chrisna Wagenaar

0/14 Seuns verloor 21-13
0/14 Meisies verloor 16-14
0/16 Seuns verloor 17-14
0/16 Meisies wen 26-7
0/18 seuns verloor 21-12
0/18 meisies wen 26-4

Tennisspan 1603

Country Districts Tennisspan. Voor, Chrisna Wagenaar, Stefan Odendaal,

Jody Verwey,Nico Koertze Agter, Mihan Odendaal, Rethabise Mantutle, Danie Naude

ATLETE PRESTEER BY OOS KAAP BYEENKOMS

19 Atlete bring 16 medaljes ,waarvan 5 Goud, huistoe en 2 kwalifiseer vir SA kampioenskappe!!!!

Die afgelope naweek, 4 en 5 Maart, het die beste van die beste atlete van die Oos-Kaap in Oos Londen bymekaar gekom om daar te sien wie die top atlete in die Oos-Kaap is. 19 atlete van Hoërskool Aliwal-Noord het die voorreg gehad om daar deel te neem en het die skool se naam hoog gehou.

Baie geluk aan die volgende medaljewenners: Rohan Kruger (S.o.17) kry ‘n silwer medalje vir gewigstoot met ‘n afstand van 15.36m (755 punte). Eben Lategan (S.o.15) kry ‘n silwer medalje vir spiesgooi met ‘n afstand van 46.24m (322 punte). Divan Kruger (S.o.14) kry drie brons medaljes; vir diskus met ‘n afstand van 37.15m (549 punte), vir gewigstoot met ‘n afstand van 11.32m (516 punte) en vir spiesgooi met ‘n afstand van 36.24m. William Orrock (S.o.14) kry ook ‘n silwer medalje vir die 300mh wat hy in 46.34 sekondes gehardloop het (546 punte). Thembalethu Kojana (B.u.19) received a silver medal for Long Jump with a distance of 6.52m (617 points). Louis Pienaar (S.o.19) kry ‘n goue medalje vir gewigstoot met ‘n afstand van 13.14m (603 punte). Kindness Sibanda (B.u.19), another athlete who qualified for the SA championships in Bloemfontein, ran the 110mh in 15.25 seconds (811 points).

Aphiwe Nkumanda (G.u.17) received a bronze medal for Discus with a distance of 26.90m (700 points). Lara Orrock (M.o.17) bring twee goue medaljes huis toe én kwalifiseer in altwee haar items om by die SA kampioenskappe te gaan deel neem. Sy kry goud vir haar 2000m hindernis wat sy in 7:33.88 hardloop (823 punte) en ‘n goue medalje vir haar 3000m, wat sy nie net kwalifiserend hardloop nie, maar ook ‘n nuwe rekord opstel met ‘n tyd van 10:38.72 (820 punte). Enathi Maqoma (G.u.15) received a bronze medal for Long Jump with a distance of 4.48m (429 points). Leandré Kotze (M.o.14) kry ‘n silwer medalje vir 90mH wat sy in 14.07 sekondes gehardloop het (891 punte). Nika de Bruyn (M.o.19) bring twee medaljes huis toe. Sy verwerf ‘n goue medalje vir haar 400mH wat sy in 1:11.31 sekondes gehardloop het (737 punte) en ook ‘n silwer medalje vir haar 100mH wat sy in 17.19 sekondes gehardloop het (713 punte).

Sterkte aan die drie atlete wat aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem in Bloemfontein.