School News

Geelspan bekroon as die slimstes in Alieland

Woensdag 16 Augustus was ‘n naelbyt aand! Die kleurspanne het “all dressed up” opgedaag vir die jaarlikse Interkleure Vasvra! Voorbereidings is gedoen en almal het gedink dat hulle Juf Booysen, die vraagsteller, se vrae kon raai. Selfs mnr. Hugo Loubser en sy onniespan het gesorg dat hulle iets omtrent elke moontlike onderwerp weet!

Die vrae is gestel en so gebeur dit (soos elke jaar) dat die onnies stof in die leerders se oë skop en hulle wen die aand met ‘n allemintige 20 punte. Vir die eerste keer in baie jare het dit egter gebeur dat al drie die leerder spanne gelyke punte behaal het. Die eerste span wat die korrekte antwoord in Juffrou Booysen se hande kon besorg sou die wenners wees. Refentse het die trofee hierdie jaar aan die Geelspan besorg, met die Rooi- en Blouspan in die gesamentlike tweede plek. Die Geelspan het natuurlik hulle oorwinning behoorlik gevier tydens die sokkie wat na die afloop van die vasvra gehou is!

Baie dankie aan die kultuurbestuur onder leiding van Nerine Cloete wat die aand moontlik gemaak het, asook elke leerder wat die aand kom ondersteun het. Alieland kan nie wag om te sien wie as volgende jaar se slimste span gekroon gaan word nie!

 

ANHS vs Burgersdorp

Eerstespan
Speel 1-1 gelykop

Tweedespan
Wen 2-0. Juffrou Allouise is baie trots op haar span. Die span het ‘n ongelooflike seisoen gehad. Juffrou Allouise bedank elke speler vir haar positiewe bydrae tot die uiters suksesvolle en lekker seisoen.

0/14
Die meisies verloor 2-1 teen Burgersdorp se 0/15 span. Dit was ‘n puik wedstryd en kon enige kant toe gegaan het. Juffrou Jana is baie trots op haar span en is dankbaar vir ‘n wonderlike seisoen!

NETBAL TEEN BURGERSDORP / Alies vs Blikkies

Die skild bly in Alieland!!

Die eerste netbalspan se wedstryd  teen Burgersdorp was sekerlik die hoogtepunt van die jaar!  Nog nooit was die spanning so hoog  nie, met die telling wat selde met meer as een doel verskil het!  Die rustydtellings vertel eintlik die hele storie...  Na die eerste kwart was dit 7-7, halftyd 11-12, derde kwart 17 – 16 en die eindtelling 25 – 18!  Dit beteken dat die Aliespan in die laaste kwart 8 doele gedoel het teenoor Burgersdorp se 2.

Aangesien hierdie die laaste wedstryd van die seisoen was, wil ons net hulde bring aan ‘n paar persone.  Van die sewe spelers in die span, is vyf van hulle in matriek.

The captain, Asenako Jantjie, has played for the first team since her grade 9 year.

The Dyantyi twins, Pamela and Babalwa, entered our school in their grade 10 year and were immediately chosen for the first team. Nerine speel ook al vir drie jaar in die eerstespan. Siphe was the one to get the honour of joining the first team in her matric year. Thank you to each and every one of you for giving everything to make Alie netball proud!

Aan Kay-Sue en Angelique wat agterbly, baie sterkte vir die pad vorentoe.

Laaste maar nie die minste nie, hul afrigter Andriesa Pretorius.  Sy het drie jaar gelede aangebied om die eerstespan af te rig toe daar regtig niemand anders was nie.  Sy is aan die diep kant ingegooi met ‘n baie jong span en nuwe spelers.  Sy het hulle “aangeneem” as haar eie en mens kan sê sy het hulle “na haar hand grootgemaak” tot ‘n span wat hierdie jaar ses van hul agt wedstryde gewen het.

Onder haar as afrigter het sy ook daarin geslaag om al drie die kragmetings teen Burgersdorp van 2015 – 2017 te wen.

Andriesa het self as skolier van standerd 7 tot matriek vir die eerstespan gespeel, en was ook kaptein in haar matriekjaar.  Daarom was dit vir haar ‘n groot lekkerte om met haar 20 jaar-reunie in 2015, die afrigter te wees van die wenspan.

Baie dankie Andriesa, vir die groot opoffering die afgelope drie jaar, om jou salon vir twee middae ‘n week te sluit om jou span te gaan afrig.  Ons waardeer dit werklik opreg, en gaan jou mis volgende jaar.  Ons hoop ons sal weer eendag op jou nommer kan druk.

Aan al die matrieks in die tweedespan (Zama, Amber en Anel), baie dankie ook vir julle ongelooflike bydrae tot Alie trots.

Aan al die afrigters, Sylvia Bisschoff, Tanita Stephenson, Zizi Rens en Anneli Emmerich, ‘n baie groot dankie vir julle getroue bydrae elke week by die oefeninge en Saterdae tydens wedstryde. Dit word opreg waardeer.

Die volledige uitslae was as volg:

1e span wen 25 – 18
2e span verloor 8 – 10
3e span verloor 3 – 12 teen 2e span
4e span verloor 5 – 6 teen 16C
16A verloor 15 – 17
16B verloor 10 – 16
16C wen 15 – 14
14A verloor 6 – 15
14B wen 12 – 10