School News

Tennis - 16-19 Maart

Baie geluk aan die volgende tennisspelers wat gekies is vir die onder 15 Oos-Kaap tennisspan. Hulle gaan 16-19 Maart deelneem aan ITP tennistoernooi in Pretoria.

Oos-Kaap onder 15 Tennisspan
Anica Pretorius
Janco Labuscagnie
Henco Vorster

15 Oos Kaap

Landsdiens

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is op die Landsdiensbestuur

Janco Labuscagnie
Benathi Beje
Walt Vorster
Imiell Christensen
Glendi Vorster
Akho Makomfana
Chris Theron
Ruche Bosman
Megan du Toit
Dante Stephenson
Zyan Pretorius

Landsdiensbestuur 2019

 

Hoërskool Aliwal-Noord Kleure-atletiek 2019

Op Donderdagmiddag 17 Januarie en Vrydagmiddag 18 Januarie  het die jaarlikse kleureatletiek plaasgevind op die skool se A-rugbyveld. Die geleentheid het oor 2 dae plaasgevind met die optogte wat Vrydagmiddag se gebeure afgeskop het. Die weer het goed saam gespeel al het dit gesorg vir ‘n paar rooi gesigte. Die byeenkoms het Vrydagaand omstreeks 20:30 klaar gemaak met die aflosse wat onder die spreiligte geskied het. Dit is die eerste middag-aand byeenkoms wat aangebied is en die hoop is dat dit ‘n gereelde instelling sal word.

The Red team was the ultimate winner on the day. The Red team won the athletics cup as well as the spirit Buffel for showing the most spirit on the day. The Red Team, the Timber Wolves were led by captains H.J. Coetzer and Angelique Leeuskieter. Die Yellow team led by Mikayla Roos and Tsepang Ranto and the Blue Team, the Blue Bandits led by Phelokazi Namba and Dayne Mcpherson had to bend the knee to the Timber Wolves!

Die sjampanjenooientjie van 2019 is Megan du Toit en sy het geskitter in ‘n asemrowende rok ontwerp en gemaak deur Francois Britton van Francois Britton Designs. Baie dankie aan Million Faces wat Megan se grimering en hare gedoen het asook Mnr Brandon Plaatjies vir die spoggerige motor waarin sy kon arriveer.

Baie geluk aan die volgende leerders wat aangewys is as wenners van hul ouderdomsgroepe. Meisies 0/14 – Cammy McPhearson behaal een 1ste plek (200m) en twee 2de plekke (100m en LJ).
Seuns 0/14 – Reinier Fourie behaal drie 1ste plekke (DT, JT en HJ) en twee 2de plekke (SP en LJ).
Meisies 0/15 – Esmari Vorster behaal drie 1ste plekke (1500m, SP en DT) ‘n 2de (100m) en ‘n 3de plek (200m).
Seuns 0/15 – Robert Orrock behaal drie 1ste plekke (300mH, 1500m en 3000m) en ‘n 2de plek (100mH).
Meisies 0/16 – Chesné Pharo behaal vier 1ste plekke (100m, 200m, 400m en vêrspring). Seuns 0/16 – Ruan Esbach behaal drie 1ste plekke (200m, 400m en SP)  en ‘n 2de plek (LJ). Meisies 0/17 – Amoré Emmerich behaal vier 1ste plekke (100m, 200m, JT en LJ).
Seuns 0/17 – William-James Orrock behaal drie 1ste plekke (100m, 200m en 400mH) ‘n 2de (110mH) en ‘n 3de plek (LJ).
Vroue 0/19 – Angelique Leeuskieter behaal drie 1ste plekke (100m, 200m en LJ).
Mans 0/19 – Eben Lategan behaal vier 1ste plekke (800m, 1500m, 5000m en SP).

Baie geluk ook aan Minay Cloete wat die Meisis 0/14 rekord vir SP verbeter het na 8,67m.  

Kleure-atletiek 2019 was ‘n reuse sukses. Baie dankie aan elke ouer en toeskouer wat die nuwe anderster kleure-atletiek in Alieland kom ondersteun het!