Onder 16 YB’s gaffel Bloemies

Hierdie naweek het die YB’s van Alieland te staan gekom teen die onder 16 Rugbyspan van Hoërskool Bloemfontein. Dit was die YB’s se 11de wedstryd vir die jaar tot dusver. Die weer het mooi saamgespeel en die dag was vol belofte vir mooi hardloop rugby.

Van die afskop af het dinge vir die Bloemfontein span verkeerd geloop en die YB’s het van meet af met mening ingeklim. Pragtige rugby is gespeel en hoewel die YB’s gesukkel het om in die eerste helfte aan die gang te kom, het die manne van Aliwal in die tweede helfte na ‘n ander rat oorgeskakel . ‘n Allemintige 11 drieë is deur die YB’s ingeryg.  Die eindtelling was 73 – 7 in die YB’s se guns en die span van Bloemfontein moes druipstert die langpad terug vat huistoe.

Puntemakers vir die YB’s was as volg:

Drieë is gedruk deur: Isak Kotze x 2, Gershwone Smith x 2, Wessie Odendaal x 2, Ruan Esbach, Jaco Den Heyer, Serue Serue, Jadin Johnson, Babonke Njobe.

Verdoel skoppe is aangeteken deur: Marco Langenhoven x 6 en Wessie Odendaal x 3.

Baie geluk YB’s. Doen so voort!