Onder 14 rugby teen Bloem 14 A

Aliwal Noord het die naweek van die 11de Mei teen Hoërskool Bloemfontein gespeel in Aliwal en ANHS wen die wedstryd 50-0 in slegs 25minute. Die span het van die afskop af met mening in geklim en was net te fisies en vinnig om te keer.Die rustydtelling was 33-0 in ons guns.

Die 2de helfte het die BB's vinnig nog 3 driee  gedruk en het die wedstryd geeindig na slegs 25 min.

Baie geluk aan al die seuns wat so mooi gespeel het.Dit was 'n ware spanpoging gewees.