ANHS Hokkie Bokkies

Alhoewel Bloemfontein sterk aangeval het tydens die eerste helfte in die wedstryd van die derde span was die algehele spel tempo van beide spanne aan die begin redelik stadig. Gedurende die tweede helfte het albei spanne beter bal en stok tegniek gewys.

Aliwal spelers het hulself beter geposisioneer op die veld en gevolglik kon Aliwal sterker aanval as Bloemfontein. Spanning het hoog geloop toe Aliwal drie keer daarin geslaag het om 'n hoekie in hul guns te kry, maar ongelukkig kon hulle nie 'n doel aanteken nie. Geen span het punte aangeteken nie en die wedstryd eindig met 'n gelykoptelling  0-0. Baie mooi Bokkies, julle vaar goed!

Die res van die hokkie tellings teen Hoërskool Bloemfontein is soos volg:

Eerste span ANHS wen 5 -0

2de span speel gelykop 0-0

Die eerste hokkiespan het ook hulle ondersteuning gaan wys vir Laerskool Aliwal Noord se spanne Saterdag.

Bokkies