Onder 16 YB’s slaan groot slag

rugby 0405Die jaarlikse skolesport teen Hoërskool Cradock het weer gesorg vir gesonde hardloop rugby wat nie teleurstel nie. Hoërskool Aliwal Noord se onder 16A YB’s rugbyspan oorrompel die onder 16A rugby span van Hoërskool Cradock met  55 punte teenoor  0. Die YB’s het hulself goed van hulle taak gekwyt deur van meet af klipharde duikslae uit tevoer en die besoekers te laat sweet om die bal in die hande te kry. ‘n Fenomenale 9 drieë is in totaal deur die YB’s ingeryg. Hierdie pragdrieë is gedruk deur die volgende YB’s:

Marco Langenhoven x 2

Ruan Esbach x 1

Lukhanyo Stephen x 1

Sakkie Kotze x 1

Wessie Odendaal x 1

Gershwone Smith x 1

Jaco Den Heyer x 1

Serue Serue x 1

Wessie Odendaal slaag ook met 5 verdoel skoppe.

Welgedaan en doen so voort YB’s. Ons hier in Alieland is supertrots op julle en ons sien uit na julle volgende wedstryd!

rugby 040502