Alieland het ‘n besige sportnaweek gehad!

Alieland het ‘n besige sportnaweek gehad, die rugby, hokkie en netbal het aan verskeie wedstryde deelgeneem.

Rugby

0.16 YB’s

Onder 16 YBs speel Saterdag 9 Maart op Staats President Swart se sportdag in Brandfort teen ‘n baie sterk onder 16A span van Bothaville. Die YBs sukkel om in die eerste hlfte van die wedstryd aan die gang te kom maar slaag daarin om met rustyd ‘n voorsprong van 19-14 kleedkamers toe te gaan. Die tweede helfte het die Buffels van Aliwal egter na ‘n ander rat oorgeskakel en gaan druk sommer ‘n hele paar prag drieë. Die YBs oorrompel die Bothaville span met 47-14 as eindtelling. Pragdrieëis aangeteken deur die volgende spelers van die YBs.

Serue Serue 3
Lukhanyo Stephen 1
Marco Langenhoven 1
Walt Vorster 1
Wessie Odendaal 1
Wessie Odendaal slaag ook om 6 van die 7 drieë te verdoel.
Wel gedaan YBs met ‘n pragwedstryd.

Die Buffels speel teen Bothaville en wen 31-17

Hokkie

Die eerstespan neem deel aan die Diamantveld sportdag en speel 3 wedstryde.
Alies vs Diamantveld - verloor 1-2
Alies vs JAcobsdal - wen 1-0
Alies vs Upington - gelykop 1-1

Netbal

‘n O/19A en O/19B Netbalspan het op 9 Maart 2019 na Brandfort gery om te gaan deelneem aan ‘n Sportdag.  Die meisies moes maar vroeg opstaan, hul eerste wedstryd was om 8:00.

Die uitslae as volg:

O/19B speel teen SPS.  ANHS verloor 10 – 21
O/19B speel teen SDP.  Spanne speel gelykop 12 – 12
O/19B speel teen Bultfontein.  ANHS wen 11 – 1
O/19A speel teen Hentie Cilliers.  ANHS verloor 8 – 10
O/19A speel teen President Steyn.  Spanne speel gelykop 16 – 16.  
 Die halftyd telling was ook 8 – 8. 

Die O/19A span moes ook teen Bultfontein se O/19A span gespeel het, maar daar was ‘n kommunikasiegaping iewers.

Dit lyk of die vroeg opstaan dam die moeite werd was.  Geluk aan die spanne, julle het goed gedoen.  Thank you to Andriesa Pretorius who was driving the team to Brandfort and her effort coaching the teams.  Thank you to Lilly Vorster who assisted Andriesa throughout the day.