Liefde vir die Medemens - VCSV en Landsdiens

6 Maart besoek die Landsdiens en VCSV die hospitaal, Huis van der Horst, Bambi en House of Hope. Dit was n voorreg om by vier plekke te kuier. Die leerders het ‘n bietjie Jesus liefde gaan uitdeel aan die inwoners van hierdie instansies. By House of hope is ‘n groentetuin begin. Bambi ,‘n dagsorg, het die seniors ‘n poppekas aangebied met ‘n mooi boodskap. Daar is lekker gekuier en gesels by die Hospitaal en Huis van der Horst.