Tennis - 18 Februarie 2019

Maandag 18 Februarie speel die eerste en tweede seunstennisspanne teen Queens College van Queenstown. Die tweedespan wen 6-3 en Imiell Christensen, Wessie Odendaal en Molefe Marabe wen al hulle wedstryde.

Die eerstespan wen 5-4. Baie geluk aan Jody Verwey, Gerhard Labuscagne en Henco Vorster wat al hul wedstryde wen.

Die eerstspan meisies het teen Girls High gespeel maar verloor ongelukkig.