Alies hou ‘n “Musical Spring Dance”

Soos ouder gewoonte het die Alies lente ingewy deur die jaarlikse Lentebal te hou op Vrydag 12 Oktober. Die Graad 10 leerders en hul ouers het weereens almal se wildste drome oortref met hul kreatiwiteit en fantastiese idees!
Alies se Sjampanjenooi is ook tydens hierdie geleentheid gekies. ‘n Hartlike geluk aan Megan du Toit wat as Sjampanjenooi verkies is en Marchanelle de Bruin wat aangewys is as die eerste prinses!
Die leerders het soos altyd die aand om gedans, en die beste danspaartjie is deur die ouers gekies. Brandan Myburgh en sy metgesel Charné Oelofse het met die titel weggestap!
ANHS bedank graag elke ouer wat gehelp het om hierdie lieflike Lentebal vir die leerders aan te bied! Julle is staatmakers!

Lentebal

Sjampanje nooientjie 2019 Megan du Toit links en Eerste Prinses Marchanelle de Bruin