Alie presteer in Bergfietsry
Corne Cawthorn het die afgelope naweek aan die Twizza Longhill Challenge deelgeneem. Hy het baie goed gevaar in die 40km afstand. Hy behaal n 10de algehele plek en is die eerste junior. Baie geluk met die goeie prestasie, Alieland is trots op jou.