Interskole Tennis

Beker uiteindelik in Alieland!

Maandag 20 Augustus het die eerstespan die Inteskole naweek afgesluit met die tennis wedstryd teen die Blikkies.


Van die begin af was dit ‘n baie gelykop wedstryd en tot die einde kon niemand met sekerheid sê wie gaan wen nie. Baie geluk aan die Alies wat hierdie beker vir die eerste keer kon wen in baie jare. Elkeen het sy deel gedoen. Juffrou Karin is super trots op haar span wat die hele jaar al goeie tennis speel.

Hierdie beker is vir die matrieks in die span, Mihan, Renier, Joane, Inge en Haumene. Die Alies wen 14-10

IMG 20180821 WA0000

 

Tennis wen Interskole teen BHS

Tennis wen Interskole teen BHS

Joane Odendaal en Mihan Odendaal Kapteine van Tennisspan

Joane Odendaal en Mihan Odendaal, Kapteine van Tennisspan