Seunshokkietoer na Port Elizabeth

Alies se seunshokkie span het na Port Elizabeth getoer vanaf 3 – 5 Augustus 2018. 17 Seuns asook Juf Karin en Oom Lappies het die span vergesel op hierdie toer.


Die toer het afgeskop met ‘n wedstryd Vrydagmiddag teen Hoërskool DF Malherbe. Die eerste span speel hulle wedstryd gelykop 1 -1.
Die 0/15 span wen hulle wedstryd ook 3 – 1 teen Hoërskool DF Malherbe. Andre Schoeman, Marco Langenhoven en Janco Labuscagne teken die punte vir die span aan.


Die spanne het tuisgegaan by die Willows wat ‘n lekker seevakansie ervaring gegee het. Vrydagaand het die span gaan ontspan en iets vir die maag gekry by die Boardwalk.


Saterdagoggend is almal vroeg uit die vere en moes hulle voorberei vir ‘n baie harde wedstryd. Hul volgende stryd was teen Grey PE. Om op die astro te speel is altyd ‘n lekker ervaring vir elke hokkie speler.


Die 0/15’s het die dag afgeskop en teen Grey PE 0/16C en verloor ongelukkig 2-1 nadat hulle die eerste helfte 1 elk gelykop was.
Die eerstespan het ook verloor teen Grey PE 0/18D 3-0.


Dit was baie harde wedstryde maar die seuns het elke minuut hulle beste gegee en dit baie geniet.
Na ‘n middagslapie is die span na Baywest winkelsentrum waar die spiere op die yskaatsbaan vir oulaas bietjie geoefen is.
Sondagoggend is die lang pad terug huis toe aangedurf.


Baie geluk aan elke seun wat sy beste gegee het en ook dat julle Alies se naam hoog gehou het.
Dankie aan Juf Karin en Oom Lappies vir julle opoffering om die span te vergesel het. Sonder julle sou dit nie moontlik wees nie.