Spar Hokkie Uitdaging in King Williamstown

Die Eerstehokkiespan het Sondag 20 Mei aan die jaarlikse Spar toernooi in King Williamstown gaan deelneem. Hierdie is ‘n baie gewilde toernooi waar die top hokkieskole van elke streek genooi word. Daar is jaarliks groot kontantpryse op die spel.


Alies het baie goeie hokkie gespeel en die volgende uitslae behaal:
Alies verloor 0-1 teen Kingsridge.
Alies speel gelyop 0-0 teen Hangklip
Alies wen 2-0 teen Templeton.


Tydens die uitspeel wedstryde speel Aliwal teen Burgersdorp vir die 3de en 4de plek. Die wedstryd eindig 0-0. Aliwal behaal ‘n derde plek op die toernooi. ‘n Uitstekende prestasie!

 

Hokkie eerstespan