Graad 8’s 2018 - “Groei waar jy geplant is. Grow and prosper from your roots”

Die Alieland graad 8’s het ‘n besige eerste twee weke van skool gehad. Die Leerlingraad het hulle op ‘n orienteringsprogram gelei waar hulle alles van Alieland moes leer van die Skoollied, Erekode en Skoolreëls tot  onderwyser en leerder name. Die hoogtepunt van die program was sekerlik die “sotte-oorslaap” en sotte konsert. Die ou tradisie is elke jaar ‘n hoogtepunt en die jaar was niks anders nie. Niemand gaan gou weer  dieselfde na Titanic kyk nie. Die liedjies “Ek hou van Kaas”, Despacito en Peri Hoender het ook nou ‘n heel ander prentjie in die kop. Baie dankie aan elke ouer wat sy/haar kind ondersteun het in die twee weke. 

Die graad 8’s saam met die leerlingraad het ‘n nuwe projek begin. Hulle het as vetplanjies bekend gestaan. Die tema of leuse wat die Leerlingraad gaan volg die jaar is “Groei waar jy geplant is” Grow and prosper from your roots.”

In die gees hiervan het die graad 8’s ‘n groot tuin aangelê. Die tuin sal hul nalatenskap wees. Baie dankie aan elke ouer en graad 8 wat groot hoeveelhede vetplantjies geskenk het vir die projek. Soos enige tuin is hierdie ook ‘n “work in progress” en daar gaan die hele jaar aan die tuin gewerk word.