Wat gebeur in Alieland

Die jaar het skaars begin en Alieland is ‘n miernes van bedrywighede.

Juffrou Naomi Liebenberg

Nuwe Aanstelling

Baie welkom aan Mev. Naomi Liebenberg wat aangestel is in die vakante EBW pos. Alieland is baie opgewonde om haar en haar gesin hier te hê, met nege jaar onderwysondervinding is sy ‘n ware aanwins vir die skool.

Graad 8 Konsert

Die nuwe graad 8’s is reeds hard aan die werk aan die graad 8 konsert. Hierdie “sotte-konsert” is ‘n jare lange tradisie van Alieland. Dit saam met die Gr.8 oorslaap is ‘n hoogtepunt op die Gr.8 kalender. Die oorslaap geskiet reeds op 26 Januarie en die konsert is 29 Januarie 18:00 in die skoolsaal. Almal is baie welkom om die leerlinge te kom ondersteun kaartjies is slegs R10 per persoon.

Janco Anica

Tennis

Oos-Kaap Tennisproewe vir die Grens area is reeds in November 2017 gehou. Anica Pretorius is vir die 0/15 tennisspan geskies wat in April in Pretoria gaan speel. Janco Labuscagne is gekies as nie-reisende reserwe vir die 0/15 span.

First Aid

Congratulations to Sindiswa Kojana who completed her level 3 First Aid examinations. This took lots of hard work and dedication. Congratulations

Atletiek

Die jaarlikse Kleure – atletiek geskied op 2 Februarie op die skoolterrein.

Redaksie Hoofleiers

Redaksie Hoofleiers verkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat die hoofbestuur van die Ali-Wales Redaksie vorm

Redaktrise : Tammy Kumm
Subredaktrises:
Haumene Geldenhuis
Inge Fourie
Joane Odendaal
Dante Stephenson
Bemarking: Talia Oosthuizen
Fotografie: JC Schoeman

Grootmens Sokkie

Groot Mens Sokkie

16 Februarie is ‘n dag om te omkring op die kalender. Alieland bied ‘n “Grootmens Sokkie, Back to the 80’s” aan. Onthou jy jou skoolsokkie in die laat 1980’s en 1990’s? Ons maak weer so! Slegs oor 21’s word genooi om saam te kom sokkie – soos in die ou dae - presies soos ons 30 plussers skoolsokkies  onthou. Stoele gepak om die donker saal, lekker langarm dansmusiek, ‘n snoepie, onnies wat “toesig” hou. Kom dans saam 16 Februarie 2018, R50 per paartjie (R30 enkel) , kaartjies by Mev. Lombard of Mev. Booysen beskikbaar. Daar sal ook kaartjies by deure wees… dis mos hoe dit gewerk het.