VCSV Kringleier Seminaar

ANHS se 29ste VCSV kringleiers het die eerste naweek van die skooljaar saam met die streek se kringleiers op Stolzkraal opleiding ontvang vir hul taak vir 2018. Hulle het geleer hoe om kleingroepies te fasiliteer en uitdagings in hulle groepe te hanteer.

In the words of one of the group leaders:

“The Praise and Worship was more than songs to me: when I got home I downloaded it for I want to praise God through music.”

“In the morning we have time alone with God asking Him to guide us and reveal Himself to us through His word.”

Saterdag middag het die kringleiers by Uitkoms in Rouxville gaan kuier. Hulle het die speel en kuier net soveel as die inwoners geniet. Beplanningssessies in die verskillende skole het gevolg nadat die gronddam se water lafenis gebring het. Sonddagoggend het die kringleiers ‘n oefenlopie gehad in kringaanbieding.

Mag elke kringleier in groot afhanklikheid van God die taak vir 2018 opneem.